Hoërskool Koffiefontein
Die trots van die Xhariep!
Van die Skool
About The School
Nuusbrief
Sport
Reünienaweek: 1884 tot 2009, 125 jaar, 25 tot 27 September 2009!
Om die skool se 125ste bestaansjaar te vier, word ’n reünienaweek van 25 tot 27
September 2009 gehou. Die naweek word afgeskop met 'n lekker gesellige steakbraai en kuieraand Vrydagaand by die skool. Vanaf Saterdagoggend hou ons kermis op die rugbyveld terwyl ander aktiewiteite plaasvind deur die loop van die dag. Ons rond die Saterdag af met 'n kuier en dansparty die aand by die skoolsaal. Sondag oggend word almal genooi vir 'n erediens by die NG Kerk, ons beeindig die naweek met 'n laaste teedink en kuier by die NG kerk saal na die diens.
Let wel:
- Dié kermis vervang die jaarlikse fietsprettrap vanjaar.
- Bespreekings vir aandfunksies is noodsaaklik.
- Sluitingsdatum: 11 September 2009.
- Akkommodasie moet asseblief self gereel word (lees aan vir opsies).
- Besoek asseblief registrasiekantoor met aankoms.
- Reünie is nie vir 'n spesifieke klas nie, almal wat hier skool gegaan het of by die skool betrokke was, is welkom.
Hoogtepunte van die naweek
- 'n Feesblad en allerhande gedenkwaardighede sal te koop wees.
- 'n Besoekersboek wat deur almal geteken moet word gaan beskikbaar wees.
- Ou foto’s, baadjies en trofeë gaan in die voorportaal van die skool uitgestal word.
- 'n Lekker steakbraai en kuier die Vrydagaand.
- 'n Kermis op die rugby veld die Saterdag.
- 'n Diamantstormloop word Saterdag gehou.
- 'n Busrit deur die dorp word ook Saterdag aangebied.
- 'n Dansparty word die aand gehou in die Hoërskool Koffiefontein skoolsaal.
- Sondag kom almal by die NG Kerk bymekaar vir 'n erediens.
- Vir afsluiting gaan tee aangebied word in die NG Kerk se saal.
Bespreekings vir Aandfunksies
| Tel: | 053 205 0004 |
| Faks: |
053 205 0167 |
| E-Pos: |
koffiecs@koffiefontein.co.za koffiecs@telkom.sa.net |
| Posadres: |
Posbus 9 Koffiefontein 9986 |
Die program is nou beskikbaar om af te laai!
Naweek Program
|
Vrydag - 25 September 2009 - Steakbraai |
|
|
18h30: |
Gesellige steakbraai en dans by die skool. Kostes:
Program:
Spyskaart: Gebraaide steak. Seremoniemeester: Mnr. Tap Liebenberg |
|
Saterdag - 26 September 2009 - Gholfdag |
|
|
Geborgde Hoërskool Koffiefontein Gholfdag met groot pryse! |
|
|
08h00: |
Byeenkoms op die rugbyveld vir kermis. Program:
Diamantverrassing! |
|
14h00: |
Busroete deur die dorp en wildskamp vanaf die rugbyveld. |
|
18h30: |
Samekoms by skoolsaal vir kuier- en dansaand. Kostes:
Program:
Spyskaart: Gekookte ete. |
|
Sondag - 27 September 2009 |
|
|
09h30: |
Erediens in die NG Kerk. |
|
10h30: |
Tee by kerksaal. |
* Hierdie is slegs ‘n voorlopige program en veranderings kan nog aangebring word.
Verblyf vir skool reünie – 25 en 27 September 2009
Gastehuise
| Dubbel Kamer |
Enkel Kamer |
||||
| Ontbyt - |
Ingesluit |
Uitgesluit |
Ingesluit |
Uitgesluit |
|
| Hakuna Matata Gastehuis |
Marlene du Toit |
R 440 |
R 400 |
R 330 |
R 300 |
| Bedbugs Gastehuis |
Marlene du Toit |
R 440 |
R 400 |
R 330 |
R 300 |
| Copper Kettle |
Janine Wessels |
R 450 |
- |
R 360 |
- |
| Tryntjie Gastehuis |
Theresa van Schalkwyk |
- |
- |
R 165 |
R 120 |
| Huis Koffy Koshuis |
Ina de Lange |
- |
- |
R 115 |
R 75 |
Karavane & Tente
| Karavaan | Tent | ||
| Myndam (Adventure Club) |
Geoff 082 357 6449 |
R 75 |
R 75 |
* Akkommodasie moet self gereël word.
Gedenkwaardighede
| Item | Prys |
| Sleutelhouers met skoolwapen op | R 45.00 |
| Teelepels met skoolwapen op | R 50.00 |
| Das |
Prys op aanvraag |
| Feesblad |
Prys op aanvraag |
| Witwyn met skoolwapen op |
R 35.00 |
| Rooiwyn met skoolwapen op |
R 40.00 |
| Wynglas met skoolwapen op |
R 15.00 |
| Bierglas met skoolwapen op |
R 10.00 |
Stalletjies
| Mense wat net hul produkte uitstal: | R 200.00 |
| Mense wat produkte verkoop: |
15% van hul wins |
* Stalletjies mag nie dieselfde produkte verkoop as die skool se ouervereniging nie.
Copyright © Hoërskool Koffiefontein | Designed by Alpha Studio | Powered by Pylogen