Hoërskool Koffiefontein
Die trots van die Xhariep!
Akademies & Sport Prestasies
Akademiese Prestasies
Hoërskool Koffiefontein is sedert sy ontstaan op 14 April 1884 vir sy goeie uitslae bekend. Mnr. W.H. Kruger, oudskoolhoof, skryf in ’n gedenkalbum dat ‘n matriekleerling aan die skool reeds in 1948 ses vakonderskeidings in die eindeksamen behaal het.
Die begrip lig speel ‘n bepalende rol in die leuse van die skool. Die leuse tot 1949 was “Lucem Ostende” wat beteken “Laat die lig skyn”. Sedert 1950 is die leuse “Kennis bring lig”. Die skool doen na al die jare steeds bogenoemde leuses gestand deur goeie uitslae. “Die Trots van die Xhariep” is huidiglik ons visie.
Van die beste uitslae die afgelope aantal jare was:
| 2007: |
Die 23 matrieks behaal 15 vakonderskeidings. Een leerder behaal 4
onderskeidings en 2 behaal 3 onderskeidings elk. Een leerder eindig
onder die top tien in Engels Tweede Taal HG (96%). |
| 2005: | Die skool is weer die topskool in die Xhariep. Die 20 matrikulante behaal 19 onderskeidings. Twee leerders behaal elk 4 onderskeidings en twee elk 3 onderskeidings. Vyf leerkragte eindig ook onder die top 5 in die Vrystaat. |
| 2003: | Twee leerders, Darius Willemse en Henk du Toit, behaal elk 7 onderskeidings en albei is onder die top honderd in die Vrystaat. Die skool is die topskool in die Xhariep Onderwysdistrik en onder die top 25 in die Vrystaat. Die 30 matrikulante behaal 28 onderskeidings. |
| 1998: | Twee leerders behaal elk 5 onderskeidings en een, Sanet Liebenberg, is onder die top honderd in die Vrystaat. |
Sport Prestasies
| 2009: |
Rugby Die kaptein van ons skool, Hoërskool Koffiefontein, se eerste rugbyspan en ook die 0/19 Xharieprugbyspan, Abrie Marais, is ingesluit in die VKB Suid-Afrikaanse Platteland rugbyspan wat vanaf 24 September 2009 tot 4 Oktober 2009 na Italië toer. Skiet Frans Erasmus, is ingesluit in die Vrystaat skietspan, wat in September-vakansie in Durban gaan deelneem aan die Nasionale-kampioenskappe. |
Copyright © Hoërskool Koffiefontein | Designed by Alpha Studio | Powered by Pylogen