Hoërskool Koffiefontein
Die trots van die Xhariep!
Welkom by Hoërskool Koffiefontein
Die skrywer Ettienne le Roux, die spingbokatlete Lena Grobler en Willie Olivier, oudregter P.J. Rabie en die gesondheidsrubriekskrywer Dr. Christiaan is van die bekendes wie se spore in die gange van die Hoërskool Koffiefontein lê.
Die skool bestaan vanjaar reeds 125 jaar. ’n Skuur was die eerste skoolgebou toe die skool in 1884 geopen is. In 1892 is ’n tweevertrekskool betrek tot in 1906 toe die eerste vier kamers van die nuwe skool voltooi is. In 1923 was daar 466 leerlinge in die skool, maar eers teen 1929 was daar genoeg klaskamers vir almal. Die huidige skoolgebou is in 1978 ingewy.
Pieter West en Bok van Blerk in Koffiefontein - 8 Desember 2010
Pieter West en Bok van Blerk gaan Woensdag, 8 Desember 2010 in Hoërskool Koffiefontein se skoolsaal optree.
Lees meer oor kaartjies en bespreking...
Copyright © Hoërskool Koffiefontein | Designed by Alpha Studio | Powered by Pylogen