Hoërskool Koffiefontein
Die trots van die Xhariep!
Karate 2009
Die Combat Tang Soo Do, is ‘n Koreaanse krygskuns wat nie net op katas en selfverdediging fokus nie, maar ook wapenopleiding insluit soos mes, kortstok, langstok, ens. Hierdie krygskuns leer jou selfvertroue, selfbeheersing en verbeter ook jou denkwyse.
Tans bestaan die klub uit 5 permanente lede waarvan 3 leerlinge van die skool is. Op 14 Maart het die lede gegradeer. Die Master van Bloemfonteinklub was baie beïndruk om te sien dat die lede van die Koffiefonteinklub in ’n maand en ‘n half se tyd kon gradeer het. Baie geluk aan hierdie lede, nl. Ettiene Schuurman, Thinus Froneman, Nadia van Niekerk (almal leerlinge) en Kobus Dippenaar asook hul instrukteur, Mornè van der Linde.
![]() |
|
Copyright © Hoërskool Koffiefontein | Designed by Alpha Studio | Powered by Pylogen
