Hoërskool Koffiefontein
Die trots van die Xhariep!
Rolbal 2009
Hoërskool Koffiefontein het ‘n paar leerders wat besluit het om die rolbalbaan te betree en groot opgang te maak in die rolbalwêreld.
Hulle het al aan verskeie kompetisies deelgeneem en laat hulle deeglik geld. Francois Potgieter en Ivan van der Merwe het verlede jaar aan die Inter-Distrikte Ontwikkelingstoernooi in Bloemfontein vir Noord-Kaap deelgeneem. Francois het ook die eer te beurt geval om ingesluit te word in die Suid-Vrystaat u/25 groep, wat gedurende die Julie-vakansie in George aan die u/25 Inter –Provinsiale-toernooi gaan deelneem. Francois het ook onlangs aan die Suid-Vrystaat Meesters-toernooi deelgeneem en ‘n welverdiende derde plek behaal.
Hoërskool Koffiefontein en die Rolbalklub is baie trots op hierdie leerders en hoop dat hulle prestasies nog vele ander juniors sal aanspoor om ook die sport te betree.
|
|
![]() |
![]() |
Copyright © Hoërskool Koffiefontein | Designed by Alpha Studio | Powered by Pylogen

