Hoërskool Koffiefontein
Die trots van die Xhariep!
Skiet 2009
Skiet was altyd deel van die kadetaktiwiteite, maar sedert die kadetbedrywighede by skole gestaak is, is skyfskiet met die .22’s as ‘n sportsoort beoefen. Die .22’s is egter aan die begin van 2003 teruggeneem en daarom is skyfskietwindbukse in 2004 aangeskaf om met die sportsoort aan te gaan. In 2005 het on amptelik weer aan die skyfskiet begin deelneem. Ons is die enigste skool in die Xhariep Onderwysdistrik wat aan skiet deelneem.
Ons skietprestasies het ‘n hoogtepunt in 1998 bereik toe Louisa Wilke in die nasionale junior skietspan opgeneem is. ‘n Hele paar skuts het ook provinsiale kleure behaal.
Op die oomblik het ons nie provinsiale skuts nie, maar ons glo dat daar binnekort weer ‘n paar gaan wees. Frans Erasmus en J.G. de Lange het vanjaar al aan vier prysskietkompetisies deelgeneem.
![]() |
Frans Erasmus, is ingesluit in die Vrystaat skietspan, wat in September-vakansie in Durban gaan deelneem aan die Nasionale-kampioenskappe. |
|
|
![]() |
![]() |
Copyright © Hoërskool Koffiefontein | Designed by Alpha Studio | Powered by Pylogen


