Hoërskool Koffiefontein
Die trots van die Xhariep!
Kultuur
CSV
Ons bied ook vir ons jong mense die geleentheid om die Here te dien deur lofsang en Bybelstudie. Ons het ons eie lapa, nl. JIM (Jesus Is Massief), waar ons elke Maandag bymekaar kom, lekker sing, Bybelstudie hou en speletjies speel. Ons bied ook in die winter ‘n lekker koffiekroeg aan, waar ons almal om die vuur sit, bybelstudie hou, gesels en sing.
Koffiekannetjies
2001 onderleiding van Ds. Corrie Greeff het Koffiekannetjies verander na interdenominale kinderbediening. Daar is al in die verlede bome geplant tydens die plantweek in September. Deurnagte is gehou in die Openbare Biblioteek met skattejag en lekker musiek. Wildsritte in die omgewing op plase is aangebied. Uitstappies op plase waar die kind sy energie en uithouvermoë kan toets en van ontslae kan raak. Aktiwiteite is ‘n baie belangrike deel van die bybelles wat aangebied word, en hul kan nie genoeg kry van die belonings wat hul aan die einde van die les ontvang of met afsluitings geleenthede waar leiers hulle bederf met wat die seisoen ookal vir ons bied. Gebedsboks is ingebring en die kinders neem graag deel aan dit.
Afrika- en Entrepreneursdag
Elke jaar bied ons ‘n Afrika- en Entrepreneursdag aan waar ons kan sien watter verskillende volksgroepe in ons skool is en te kyk watter entrepreneurskapsvaardighede ons leerders het. Daar word stalletjies versier en dan gaan die beoordeellaars by elke stalletjie om en vra ‘n paar vrae. Op die end van die dag word die drie beste stalletjies aangewys en sluit ons die dag af met ‘n modeparade van al die verskillende kultuurgroepe wat wou inskryf.
Hierdie jaar gaan ons meer fokus op die entrepreneur en sy vaardighede. Hierdie dag word beplan om in volgende kwartaal plaas te vind en ons sien baie daarna uit om te sien waarmee ons leerders vorendag gaan kom.



Copyright © Hoërskool Koffiefontein | Designed by Alpha Studio | Powered by Pylogen