Hoërskool Koffiefontein
Die trots van die Xhariep!
Visie & Missie
Visie:
Trots van die Xhariep
Missie:
Om ‘n gelukkige, Christelike-gefundeerde skoolomgewing vir alle leerders, personeellede en ouers te skep wat sal bydra tot ‘n gebalanseerde opvoeding en gekenmerk sal wees deur:
- Wedersydse respek en respek vir ander se privaatheid, mening, godsdienstige oortuiging, taal en kultuur.
- Die skool veroordeel enige vorm van diskriminasie.
- ‘n Opvoedkundige sisteem wat gebaseer is op die jongste ontwikkelings en praktyke wat kreatiwiteit stimuleer, goeie kommunikasie bevorder, geleentheid skep vir onafhanklike denke en ‘n goeie esprit de corps bevorder.
- Gedissiplineerde en gemotiveerde leerlinge met selfrespek wat TROTS op hulleself, hul skool en land is.
Copyright © Hoërskool Koffiefontein | Designed by Alpha Studio | Powered by Pylogen